Babas en Kleuters

Babas en Peuters

Program:

Ouderdomsgepaste ontwikkelings en stimulasie program (gebasseer op die Nasionale Raamwerk se ELDA/ VLOA kurrikulum).

Personeel:

Ervare personeel versorg ons kleinstes met baie liefde en geduld.

Omgee:

Ons besef dat jou waardevolste daagliks aan ons toevertrou word en werk dus versigtig aan babas se versorging.

Fasiliteite

Ons het 2 babaklasse met netjiese doekekamers. Twee ruim peuterklasse sorg vir hul eie badkamer met kleutertoilette om potjiewysmaak te akkomodeer. Buitespeelarea apart vir slegs babas en peuters toegerus met gepaste apparate – sandput, fietsiebaan, klim en klouterapparate, ens.

Ontwikkeling

Ons program word by elke baba aangepas na hul eie behoeftes. Peuters word blootgestel aan groepsaktiwiteite, totdat hulle gemaklik inskakel by ‘n klasprogram. Ons 2-jariges word ook potjiewys gemaak.

Kleuters

Program:

Geїntegreerde program, gebaseer op die Nasionale Kurikulum Raamwerk se ELDAs/ VLOAs (Vroeë Leer- en Ontwikkelingsprogram) kurrikulum, ondersteun deur instappies om ons kleuters se leerervarings uit te brei.

Personeel:

Gekwalifiseerde personeel vir die beste onderig vir al ons kleuters.

Omgee:

Ons moedig ons ouers se betrokkenheid aan met gereelde ouerdae en verslae.

Fasiliteite

Ruim klasse met netjiese, privaat kleutertoilette. Alle klasse is toegerus met die nodige leer apperate. ‘n Pragtige, boomryke area waar kleuters kan baljaar. Sandputte, houthuise, swaaie, wipplanke, stewige klim en klouterapparaat, fietsiebaan, amfiteater, houtdekke en ‘n dammetjie met eendjies sorg vir ‘n opwindende buitespeel area.

Ontwikkeling

Ons passie is kleuters! Gebaseer op Christelike waardes en liefde lei ons elke kleuter om hul volle potensiaal te bereik.