Algemene Inligting

Wat Ons Aanbied

Veilige Omgewing

Tenvolle toegerus met top gehalte toerusting vir lekker leer en speel. Onderhoud word deurentyd gedoen om standaard van apparaat te behou vir ons kleuters en babas se veiligheid.

Kleuter Ontwikkeling

Ons glo die fondasie van enige kind se onderwys is fundamenteel vir hulle ontwikkeling.


Stimulasie en Groei

Ons speel nie net heeldag nie, ons werk ook! Ons dag program is gevul met Skeppende, Groot Motoriese en Perseptuele aktiwiteite. Ons maak seker dat leer genotvol is!

Ons Skooltye:

Maandae tot Vrydae: 06:30 - 17:30

Sprokieland Kleuterskool sluit in Desember elke jaar vir drie (3) weke, asook 2 – 3 ekstra dae gedurende die jaar. Hierdie ekstra dae word elke jaar in Januarie deurgegee aan die ouers.

Buitemuurse Aktiwiteite Sluit In:

Ballet | Dansmuis | Golf | Playball | Rugby | Monkeynastix | Musiek | Krieket | Swem en Wiskunde.

*Klassies word privaat teen ‘n ekstra koste aangebied

Registrasie Fooi

Eenmalige registrasie fooi: R500

Kleuters 3 - 5 Jaar

R 3,900 per maand. Addisionele buitemuurse aktiwiteite is uitgesluit

Kommunikasie

Sprokieland het Whatsapp groepies (net Admin) per klas om kommunikasie (briewe, foto’s en video’s) deur te gee tussen die skool en ouers